SA ouers vra tugstappe teen skoolhoofde wat rapporte terughou

Ouers vir Gelyke Onderwys SA het ‘n beroep op die Wes-Kaapse onderwysdepartement gedoen om tugstappe in te stel teen skoolhoofde wat steeds rapporte terughou. Die stigter, Vanessa le Roux, sê besprekings oor die aangeleentheid moes lankal plaasgevind het, want skole en skoolhoofde weerhou steeds rapporte as gevolg van onbetaalde fooie.