Angelo Agrizzi se korrupsiesaak môre weer in hof

Die korrupsie- en bedrogsaak van die voormalige Suid-Afrikaanse parlementslid, Vincent Smith, en die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, duur môre voort in Palm Ridge se hof vir gespesialiseerde misdaad. Die twee is van korrupsie aangekla terwyl Smith bykomende klagte van bedrog in die gesig staar. Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die die direktoraat van ondersoeke, gee meer inligting.