Volgende kouefront tref Kaapstad môre

Die Kaapstad-metro sê hy en sy vennote is op ’n gereedheidsgrondslag vir die volgende kouefront wat môreoggend in die Moederstad verwag word. Volgens die metro het die Suid-Afrikaanse Weerdiens sy rampbestuursentrum oor verskeie waarskuwings vir môre ingelig. Ontwrigtende reënval word vanaf die middag tot elf-uur die aand, asook stormsterkwinde van nege-uur die oggend tot elf-uur die aand verwag. Na verwagting sal die kouefront korter duur as verlede week s’n, maar swaar reënval oor ’n korter tydperk kan moontlik plaaslik tot vloede lei. Charlotte Powel van Kaapstad se openbare noodramp-kommunikasiesentrum het die jongste verslag.