Tien Namibiërs gaan Tokio Olimpiese Spele toe

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het die span vir die Tokio Olimpiese Spele aangekondig. Namibië sal in vyf sportkodes, naamlik swem, boks, atletiek, pad- en bergfiets, asook roei, deelneem. Die span bestaan uit Philip Seidler, Beatrice Masilingi, Christine Mboma, Helalia Johannes, Rainhold Tomas, Junias Jonas, Vera Adrian, Dan Craven, Michelle Vorster, Alexander Miller en Maike Diekmann.