Vrou en seun van Hendrina nog vermis, voertuig gevind

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om te help om die 27-jarige Lushka Taljaard en haar vierjarige seun, Daniel, op te spoor. Die twee is van Hendrina en hulle is Donderdagoggend laas gesien. Die provinsiale woordvoerder, Selvy Mohlala, sê Taljaard se man het tuisgekom en sy vrou en seun was nêrens te vinde nie. Haar voertuig is verlate op die Arnot-Hendrina-pad oorkant die ingang na die Kwazamokuhle-township opgespoor. Mohlala vra enigiemand met meer inligting om dit by die naaste polisiekantoor aan te meld.