ANC se vernuwing kan nie gekeer word nie – Cyril

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die regerende party se vernuwing kan nie gekeer word nie. Hy het die slotrede gegee op die laaste dag van die ANC se sesde nasionale beleidskonferensie by Nasrec, suid van Johannesburg. Ramaphosa sê afgevaardigdes het besluit om die party se waardes en kultuur te vernuwe en om beslissend op te tree teen korrupsie en onaanvaarbare gedrag:

Ramaphosa sê die ANC het bevestig hy fokus op ‘n regverdige energie-oorgang van steenkool na hernubare energie wat sal verseker mense het werk waarvoor hulle behoorlik vergoed word: