Namibiese span vaar uiters goed in die driekamp

Die Namibiese driekampspan het uiters goed gevaar in die driekamp by die Statebondspele. Die Namibiese span het die negende plek behaal, met Suid-Afrika wat agste ingekom het. Die span, Jean-Paul Burger, Drikus Coetzee, Imke Jagau en Anri Krugel het ‘n tyd van een uur, 30 minute en 24 sekondes behaal. Die wenspan, Engeland het met ‘n tyd van een uur 16 minute en 40 sekondes klaargemaak. Die president van die Namibiese Driekamp-vereniging Roual Spangenberg het uit Birmingham gesê hulle kan nie trotser wees nie.