Toeris beroof: Mag sê een verdagte is bekend aan hulle

‘n Video van ‘n toeris wat in Windhoek-Wes beroof is, is wyd op sosiale media platforms gedeel. Passasiers in ‘n voertuig agter die motor wat die rooftog gepleeg het, het die video gemaak maar hulle het kritiek uitgelok omdat hulle nie die man bygestaan het nie. Hulle het wel die nommerplaat van die voertuig vasgevang maar, dit is later deur Nampol bekend gemaak dat dit ‘n gesteelde nommerplaat is. Die mag se bevelvoerder vir die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson het bevestig dat een van die verdagtes wel aan die mag bekend is en lede is op sy spoor. Lede van die publiek word gemaan om gesteelde nommerplate aan te meld by die polisie.