ANC sê Kaapse Kinderkommissaris moet meer geld kry

Die ANC in die Wes-Kaap het ‘n dringende beroep op die provinsiale regering gedoen vir meer hulpbronne en vryheid aan die Kinderkommissaris om haar werk deeglik te doen. ‘n ANC-lid in die wetgewer, Pat Lekker, het dié oproep gedoen tydens die voorlegging van die kantoor van die premier, Alan Winde, se jaarverslag. Volgens Lekker het dit aan die lig gekom die Kinderkommissaris se kantoor kry steeds nie ‘n behoorlike begroting nie. Sy sê die kommissaris moet dieselfde behandeling kry as die sogenaamde Hoofstuk 9-instellings: