ANC se hofaansoek teen MK Party faal

Die Kieshof het die ANC se aansoek van die hand gewys om oudpresident Jacob Zuma se uMkhonto we Sizwe Party te laat deregistreer. Die ANC het aangevoer die MK Party se registrasie is onregmatig omdat hy bedrieglike handtekeninge ingedien het in sy aanvanklike aansoek. Regter Lebogang Modiba sê as die ANC se aansoek toegestaan word, sal dit te laat wees vir die MK Party om as ’n politieke party te registreer en ook om in die komende verkiesings mee te ding.