ANC-regering sê hy sal landsburgers inlig oor aanvalle

Die ANC-regering sê hy sal Suid-Afrikaners onmiddellik in kennis stel van enige bedreigings indien dit nodig sou wees. Dit volg nadat die Amerikaanse ambassade ‘n waarskuwing uitgereik het oor ‘n moontlike terreuraanval op groot groepe mense by ‘n ongeïdentifiseerde perseel in Sandton, Johannesburg. Die regering sê hy neem kennis van die waarskuwing, en dreigemente word deurlopend geassesseer en hanteer om almal se veiligheid te verseker. Hy sê dis die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte se verantwoordelikheid om alle mense in die land veilig te laat voel.