Olie klim al weer, maar Amerikaanse dollar effe swakker

Oliepryse is al weer aan die styg met pryse per vat wat meer as 3 persent in die huidige handelsessie toegeneem het. Volgens kenners word dit aangedryf deur rekord Amerikaanse ru-uitvoere en ‘n swakker Amerikaanse dollar, hoewel winste in Asië beperk is as gevolg van voortslepende vrese oor swak vraag in China. Daar is kommer dat China se verwarde ekonomiese beleid kan voortduur onder President Xi Jinping se toenemende beheer oor die land. Die kommoditeit het van ‘n laagtepunt van 90 Amerikaanse dollar ‘n vat in die vorige sessie tot rondom 94 dollar gestyg. Plaaslike brandstofpryse word vroeg volgende week verwag.