Fokus op eindeksamen – Steenkamp

Hoërskoolleerders is steeds met hul eksamens besig en volgens berigte is daar nie groot probleme nie. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, doen ‘n beroep op leerders om die eksamen ernstig op te neem en partytjies tot na die eksamen te vermy.