SA-dokter wat van moord op haar kinders verdink word, beskryf as ‘sag’

Die Suid-Afrikaanse vrou wat vir die moord op haar drie dogtertjies aangekla word dr. Lauren Dickason, kort na haar gesin na Nieu-Seeland emigreer het, word volgens Natasja le Roux, ‘n voormalige kollega in Pretoria en buurvrou as ‘n sagte mens en ‘n introvert beskou. Dickason word in ‘n veilige forensiese geestesgesondheidseenheid in Timaru aangehou tot haar volgende hofverskyning op die vyfde van aanstaande maand. Dr. Tessa van Wyk’n bekende traumatoloog van Suid -Afrika, het haar mening oor die tragedie so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.