ANC-presidentskandidaat: Jeug moet leiersrolle inneem

Die ANC-presidentskandidaat en minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê die jeug moet meer leiersrolle inneem binne die organisasie. Lamola sê die ANC moet nou ‘n opvolgplan ondersoek. Hy sê die organisasie moenie net vryheidsvegters aanstel nie, maar daar moet oorheersend jonger mense wees.