Formule 1-seisoen eindig in Abu Dhabi

Motorsport: Die Formule Een-seisoen eindig hierdie naweek met die Abu Dhabi Grand Prix. Daar is steeds ʼn wedloop oor wie tweede gaan eindig in die bestuurders-kampioenskap, met Charles Leclerc van Ferrari en Sergio Perez van Red Bull saam tweede op die punteleer. Max Verstappen van Red Bull het reeds sy tweede wêreldkampioenskap ingepalm. Ferrari sal intussen hard werk om Mercedes te verhoed om tweede te eindig in die vervaardigerskampioenskap. Leclerc sê Ferrari wil die seisoen graag op ʼn hoё noot afsluit.