ANC ondersteun Konstitusionele Hof se uitspraak oor Zuma

Die ANC het sy steun vir die regsorde bevestig ná die Konstitusionele Hof se uitspraak teen Jacob Zuma. Die voormalige president van die land en die party is tot 15 maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof, en is aangesê om homself binne vyf dae oor te gee aan die owerhede. Die party het sy lede gevra om kalm te bly te midde van die verwikkelinge. ‘n Woordvoerder, Pule Mabe, het bevestig dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee oor die naweek sal vergader om die uitspraak te bespreek.