Delta-variant tref Gauteng die ergste

Met die Delta-variant van Covid-19 wat nou as Suid-Afrika se dominante variant geklassifiseer is, is daar vrese dat die land se aantal Covid-infeksies nog beduidend sal toeneem, weens die vinnige verspreiding van dié variant. Volgens die land se departement van gesondheid, is dit veral Gauteng wat swaar getref is deur Delta met meer as 81 000 van die land se meer as 217 000 aktiewe gevalle wat in daardie provinsie voorkom. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.