ANC-NUK sal besluit oor ja-stemmers

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê die ANC se nasionale uitvoerende komitee sal besluit oor optrede teen lede wat nie die party se opdrag gevolg het nie. Die meerderheid ANC-parlementslede het gister die party se opdrag uitgevoer en teen die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala Phala gestem. Nkosazana Dlamini-Zuma, Supra Mahumapelo en Mosebenzi Zwane en drie ander ANC-LP’s het ten gunste van die verslag gestem. Lamola sê dis duidelik dat die party geen lid gedreig het nie.

https://iframe.iono.fm/e/1263044