Finansiering van groenwaterstofprojek bly ‘n tameletjie

‘n Navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, bevraagteken die finansiering van die Namibiese groenwaterstof-projek. Duitsland oorweeg dit om hulp van 182 miljard Namibiese dollar aan die waterstofprojek te verleen. Volgens berigte is Duitsland se staatsondersteunde ontwikkelingsbank KfW tans in gesprek met die Namibiese regering en Hyphen Hydrogen Energy, ‘n gesamentlike onderneming tussen Nicholas Holdings van die Verenigde Koninkry en ENERTRAG van Duitsland, wat in November as die voorkeurbieër vir die land se eerste groenwaterstofprojek gekies is, oor ‘n moontlike staatswaarborg of lening. Ongeveer 190 miljard Amerikaanse dollar, of 3,26 triljoen Namibiese dollar, sal teen 2040 nodig wees om planne te implementeer vir Namibië om Afrika se eerste groenwaterstof-produsent en -verskaffer te word. Die projek, wat naby Lüderitz geleë sal wees, sal son- en windkrag gebruik vir die vervaardiging van groenwaterstof wat dan in ammoniak omskep en na Duitsland verskeep sal word. Links sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n dit lyk of Namibië triljoene dollar sal benodig sodat die bates in elk geval deur ‘n ander land besit word.