Griekse politikus ontken betrokkenheid by beweerde omkopery-skandaal

Die Griekse politikus Eva Kaili ontken enige betrokkenheid by ‘n beweerde omkopery-skandaal wat Katar, gasheerland van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, en die Europese Parlement betrek. Kaili, wat sedert 2914 lid van die Europese parlement is, is een van vier verdagtes wat aangekla is nadat Belgiese ondersoekers groot bedrae kontant in huise en ‘n tas gevind het. Katar het enige oortreding ontken. Aanklaers het onder meer kontant van 600 000 euro in die huis van een van die verdagtes gevind, 150 000 euro is in ‘n woonstel gevind en etlike honderde-duisende euro’s in ‘n tas in ‘n Brusselse hotelkamer.