ANC neem bewerings van geslagsgeweld teen Godongwana ernstig op

Die nasionale woordvoerder van die ANC, Pule Mabe, het ʼn beroep gedoen op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die land in sy vertroue te neem en die aanklagte van seksuele aanranding teen hom te verduidelik. Volgens Mabe is dit ernstige aanklagte. Mabe het ook bevestig die leierskap van die party het kennis geneem van die verklarings wat Godongwana uitgereik het, asook die feit dat hy met die integriteitskomitee vergader het. Mabe sê ook die ANC sal te alle tye slagoffers van geslagsgeweld bystaan.