ANC misluk in werkskepping, selfs by die staat

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa sê die massa-afleggings by instellings onder staatsbeheer het ‘n kenmerk van die regering se ekonomiese beleid geword, wat dié instellings laat misluk sodat die privaat sektor ‘n groter rol kan speel. Dit volg nadat die Poskantoor blykbaar beplan om sesduisend werkers af te lê. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers en hulle voordele word gebruik as deel van die flou verskonings om afdankings te regverdig: