Spanje oorheers mansspel in 2023 

Tennis: Die Spanjaarde Carlos Alcaraz en Rafael Nadal se name staan uit na ʼn seisoen van rekord-mylpale. Hulle is die eerste landgenote wat die jaar in die top-twee afsluit sedert die Amerikaners, Pete Sampras en Michael Chang in 1996. Die 19-jarige Alcaraz is die jongste speler wat bo-aan die ATP-ranglys kon eindig, terwyl die 36-jarige Nadal die oudste is om in die top-twee te eindig. Nadal eindig ook in die top-tien vir ‘n nuwe rekord 18de agtereenvolgende jaar. Alcaraz was aan die begin van die jaar 32ste en sy sprong na die eerste plek is die grootste sprong in die geskiedenis.