ANC kry skuld vir hoë lewenskoste

Die ANC het die skuld gekry vir die huidige hoë lewenskoste wat miljoene Suid-Afrikaners raak. Tydens ‘n debat oor die ekonomie in die Nasionale Vergadering, het opposisiepartye gewaarsku dat indien die ANC versuim om op te tree, dit tot onluste sal lei en maatskaplike bestendigheid in die land bedreig. Lede van die parlement het voorgestel dat die brandstof-belastingheffing verlaag word en invoertariewe op voedsel wat deur lae-inkomste huishoudings gebruik word, ook verlaag word.