IPC ontevrede oor interne veiling by Stad Windhoek

Stad Windhoek hou op 5 Oktober ‘n interne personeel-veiling van oorbodige goedere en voertuie. Die goedere en voertuie kan vandag nog by Stad Windhoek besigtig word en deposito’s is betaalbaar vanaf 26 September tot 3 Oktober. Die Independent Patriots for Change se voorsitter van die Khomas-streek Fritz Kaufmann is hoog ontevrede oor die interne veiling en sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is onaanvaarbaar.