New York: 70 boere gaan omgewingsvoetspoor verklein 

Die goewerneur van New York in Amerika, Kathy Hochul, sê ongeveer 140 miljoen Namibiese dollar word aan plaaslike distrikte toegewys om plase meer omgewingsvriendelik te maak en om die uitwerking van klimaatsverandering te weerstaan. Hochul sê die befondsing word deur die Climate Resilient Farming Grant-program toegeken. Die goewerneur sê die toekenning sal meer as 70 plase regoor die staat New York bemagtig om hul omgewings-voetspoor te verklein en om voor te berei vir uiterste weersomstandighede wat met klimaatsverandering verband hou.