ANC-jeugtak: Een koeël, een veghond

Die Pando Tladi-tak van die Vrystaatse ANC-jeugliga het ‘n “Een koeël, Een veghond”-veldtog van stapel gestuur wat die publiek versoek om kreatiewe maniere te vind om die ras uit te wis. Die veldtog moedig Amerikaanse veghond-eienaars aan om hul honde oor te gee aan die DBV om veilige gemeenskappe te bevorder. Die liga doen ‘n beroep op gemeenskapslede om hul gedagtes te laat gaan oor hoe om die honde uit te wis indien huishoudings versuim om saam te werk. Intussen het die streekswoordvoerder, Ayanda Madona, gesê die veldtog is bloot ‘n slagspreuk wat net figuurlik opgeneem moet word.