Namibië vier saam Finland se 105de onafhanlikheid 

Namibië sluit vandag by die Finse burgers aan om Finland se 105de onafhanklikheid te vier. Finland en Namibië deel ‘n lang geskiedenis en Finland het Namibië ook gehelp tydens Namibië se stryd om bevryding. Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is ‘n gasspreker tydens die herdenking vandag in Windhoek.