Diefstal van koperkabels begin kommer wek – Nampol

Koperkabel-diefstal neem toe in Namibië en daar is laat Woensdagaand weer ‘n dief in die Lafrenz-nywerheidsgebied aangekeer. Die Namibiese polisie is van mening dat die diefstal nie gesindikeer is nie maar, dat dit wel bygestaan word deur werknemers van maatskappye wat inligting aan die boewe verskaf. Adjudant-offisier Silas Shipandeni sê dinge ruk hand uit.