ANC in Gauteng sê opsystaanreël moet hersien word

Die ANC in Gauteng vra dat die opsystaan-reël hersien word. Dit volg nadat die reël verdeeldheid veroorsaak het in verskeie provinsies voor die Desember-verkiesingskonferensie. Gauteng, Limpopo en KwaZulu-Natal het kragte saamgesnoer om te vra dat die reël hersien moet word. Intussen het die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap gevra dat die reël verdedig word. Die ANC se sekretaris in Gauteng, Tk Nciza, sê daar is teenstrydighede in die opsystaan-reël, aangesien dit geneig is om sommige lede te bevoordeel: