Bibi dalk terug, as Israeliese peilings reg is

Dit wil voorkom asof die voormalige Israeliese premier Benjamin Netanyahu weer aan bewind sal wees as die jongste peilings ná Dinsdag se verkiesing reg is. Die peilings toon dat hy moontlik op pad is na ‘n klein meerderheid in die Knesset. Israel se langsdienende premier, wat teregstaan op aanklagte van korrupsie wat hy ontken, sal moontlik ‘n klein meerderheid van 61 of 62 van die Knesset se 120 setels te neem, volgens Israeliese televisiepeilings. Finale uitslae word eers rondom Donderdag verwag.