NamRA kondig nuwe reël aan vir versending van goedere

Die wêreld doeane-organisasie het die gebruik van ‘n unieke besendingverwysing nommer aanbeveel vir rolspelers in internasionale handel, insluitend doeane-administrasie, om die beweging van goedere na te spoor. NamRA stel dus die publiek in kennis dat die reëling vanaf 5 Desember 2022 in werking sal tree. Tonateni Shidhudhu, bestuurder vir strategiese kommunikasie by NamRA het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.