Dis vandag Internasionale Albinisme-bewustheidsdag

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ‘n beroep gedoen
vir solidariteit met persone met albinisme op Internasionale Albinisme-bewustheidsdag.
Vanjaar se tema is Strenght Beyond All Odds. Guterres sê persone met albinisme neem
al hoe meer hulle regmatige plek op besluitnemingsplatforms in die wêreld in. Die VN se
onafhanklike kenner oor die uitoefening van menseregte deur persone met albinisme,
Ikponwosa Ero, sê die organisasies wat persone met albinisme verteenwoordig, het
hulle kapasiteit vergroot.