SA-geweld: ekonomiese impak op streek is enorm

Die gewelddadige betogings en plundery wat tans in Suid-Afrika aangaan, sal ‘n ekonomiese impak op die buurland, asook op die Suider-Afrikaanse streek hê, sê Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt. Die rand het gister teruggesak na sy laagste vlak sedert einde April. Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die ekonomiese impak weens die plundery, sal enorm vir Suid-Afrika en die streek wees.

Roodt het ook gereageer oor hoe die konfliksituasie opgelos kan word om verdere skade te vermy. Hy het gesê Suid-Afrika het skade gely weens korrupsie en die regering se gebrek om sy burgers tot orde te roep.