Arktiese vriespunt verswelg Brittanje

Skole regoor die Verenigde Koninkryk bly vir ‘n tweede agtereenvolgende dag gesluit terwyl Brittanje gereed maak vir meer sneeu en ys. Sommige kinders is aangesê is om aanlyn te studeer, aangesien ‘n Arktiese vriespunt Brittanje verswelg het. Braemer, in Aberdeenshire, was die koudste plek in die Verenigde Koninkryk, met ‘n laagtepunt van minus 17 grade Celsius en ‘n maksimum temperatuur van minus 9,3  grade Celsius, die laagste minimum temperatuur sedert Februarie 2021 en die laagste maksimum in 12 jaar.