ANC doen alles om Transnet-staking te beëindig

Die ANC-regering doen sy deel om te verseker die staking by Transnet word opgelos. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya het met die media gepraat oor maatreëls wat President Cyril Ramaphosa getref het om die dooiepunt op te los. Hy sê talle ministers is betrokke by die onderskeie aspekte van die onderhandelings tussen Transnet en vakbonde. Hy sê Ramaphosa hoop ‘n ooreenkoms sal binnekort bereik word: