ANC beskou DA se mosie van wantroue as weerstand van vernuwing

Die DA-leier John Steenhuisen sê die ANC het versuim om aanspreeklikheid te neem vir sy optrede. Hy het in die parlement gepraat oor sy mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa se kabinet. Steenhuisen sê daar is geen gevolge ná korrupte bedrywighede nie. Die adjunkhoofsweep van die ANC, Doris Dlakude, het die mosie wat die DA ingedien het, as blote weerstand teen vernuwing beskryf. Dlakude sê die opposisieparty se doel is om die ANC van sy geloofwaardigheid te stroop.