Namibiese polisie bekommerd oor gesteelde vuurwapens

Vuurwapens wat by die Namibiese polisie se sentrale stoor verdwyn, is tot groot kommer van die bevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson. Hy sê hierdie vuurwapens land in die verkeerde hande. Gewapende rooftogte in Namibië is besig om toe te neem, veral in die hoofstad. Daar was ook 380 gesteelde wapens in drie jaar aangemeld. Kommissaris Basson gesels met Kosmos 94.1 Nuus.