Blue Rhino-taakspan trek 24 vermeende wildmisdadigers voor stropery vas

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê altesaam 788 verdagtes van wildmisdaad is verlede jaar in hegtenis geneem. Wat hoëwaarde-spesies soos renosters, olifante en ietermagôs betref, is 24 verdagtes vooraf in hegtenis geneem voor ‘n dier gestroop is. Shifeta sê vordering is gemaak met die vervolging en vonnisoplegging van verdagtes in 359 wildmisdaadsake en 287 skuldigbevindings is gemaak. Adjunk-kommissaris Barry de Klerk, hoof van die Blue Rhino-taakspan, vertel van die suksesse van vooraf inhegtenisnemings.