ANC besef nie hoe korrupsie hom ondermyn nie

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê die ANC is duidelik nie bewus van die manier waarop korrupsie die regering se vermoë om basiese dienste te lewer ondermyn nie. Hy sê dinge in die party het erger geraak sedert die opsystaanreël ingestel is. Mathekga sê dis skokkend dat daar mense in die ANC is wat oortuig moet word oor hoe korrupsie die party uitmekaar skeur en terselfdertyd die land vernietig.