Kentucky: Die ergste is nog nie verby nie

Die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Kentucky, Andy Beshear, sê die ergste van die vloede is nog nie verby nie en die voorspelling vir swaar neerslae duur voort. Daar is tot dusver 37 mense dood, maar hy sê die syfer sal skerp styg.