Analiste hoopvol piek van derde vlaag bereik is

Volgens ‘n ekonoom by High Economic Intelligence in Windhoek, Robert McGregor, het nuwe Covid-gevalle in Namibië met 21 persent die afgelope week teenoor verlede week gedaal. Hy sê die aantal pasiënte wat vandeesweek herstel is 30 persent hoër as verlede week. Ander analiste is ook versigtig optimisties dat die derde vlaag se piek reeds bereik is, of die inperkingsmaatreëls is suksesvol. McGregor het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die dalende gevalle kan in goeie nuus vir die Namibiese ekonomie in die nabye toekoms beteken.