Amutenya sal staat dagvaar

Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat daarvan aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, gaan die regering in die Hoërhof dagvaar vir wat beskryf word haar onwettige repatriasie na Namibië en arrestasie. Amutenya, 33, kon nie in Etiopië verhoor word nie omdat Namibiese owerhede nie haar diplomatieke immuniteit daar ter syde wou stel nie. Volgens haar regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo is daar geen dokumentasie vir haar arrestasie nie en dus, kan die landdros nie ‘n beslissing daaroor maak nie. Amoomo sal ‘n dringende aansoek in die Hoërhof bring, wat steeds nie vanoggend op die rol is nie, om haar inhegtenisname ter syde te stel, sowel as haar deportasie na Namibië. Die saak in die landdroshof in die hoofstad is vir eers gestaak.