Hage moet bedank – Diescho

Die Namibiese politieke ontleder en skrywer, Professor Joseph Diescho het ‘n beroep op President Hage Geingob gedoen om te bedank. In ‘n openbare skrywe het hy skerp kritiek teenoor die Presidensiële Woordvoerder Dr Alfredo Hengari uitgespreek en gesê Hengari weet dat die wyse waarop hy Geingob verdedig, oneties, oneerlik en onwaar is. Volgens Diescho meen Hengari dat Geingob nie korrup kan wees nie, as gevolg van sy deelname aan die vryheidstryd. Hengari het ook melding gemaak van die stigting van die Teenkorrupsie Kommissie en die feit dat Geingob ministers inroep sou ongerymdhede oopgevlek word. Diescho meen op sy beurt dat dit niks beteken nie omdat daar geen gevolge vir enige van die ministers of ander betrokkenes is nie. Hy sê die Presidensie moet eerder die werklike kwessies aanspreek, die kwessies wat in sy mening ooglopend is.