Amushelelo sê sy naam word in slenter gebruik

Die omstrede Michael Amushelelo sê slenters wat sy naam gebruik duur voort. Hy sê hy handel glad nie meer in buitelandse valuta sedert sy arrestasie in 2021. Sy bates is ook destyds gevries. Hy sê talle mense word in sy naam genader om geld te belê en hy doen ‘n beroep op lede van die publiek om waaksaam te wees.