Amushelelo-hulle verskyn weer vandag

Daar is ‘n beroep op jeugdiges en aktiviste in die land gedoen om vanoggend om tien-uur op te ruk na die Katutura-laerhof om die twee aktiviste, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, sowel as die PDM-parlementslid, Inna Hengari te ondersteun. Hulle verskyn vandag vir die tweede keer na hulle op verskeie klagtes, wat minagting van die hof en klagtes in verband met openbare byeenkomste op Onafhanklikheidsdag gearresteer is. Hengari is vry op borg van 5 000 Namibiese dollar en Amushelelo se regsman Kadhila Amoomo het vroeër gesê hy sal weer poog om borg vir hom en Nauyoma vandag te bekom na dit Donderdag verlede week geweier is.