Ekonoom sê SARB sal rentekoers verhoog

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader vandag en kondig môre die buurland se repokoers aan. Suid-Afrikaanse ekonome en ontleders sê die land moet gereed maak vir nog ‘n rentekoers-verhoging. ‘n Verhoging van 25 basispunte word verwag. Dit sal die repokoers tot 7,5 persent neem, en die prima uitleenkoers na 11 persent. Sou dit plaasvind, sal Namibië dan 50 basispunte agter Suid-Afrika wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence gepraat…

Namibië sal sy rentekoers op 19 April aankondig en Hei gesels oor sy verwagtinge.