Tucna sê baie kwessies moet onder die loep kom by SAOG-arbeidsvergadering

Die arbeidsministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal môre in Kinshasa, Demokratiese Republiek van die Kongo, vergader om vordering in die implementering van hul programme te hersien en standpunte in te neem oor strategiese arbeidskwessies in die wêreld. Die missie van SAOG is om volhoubare en billike ekonomiese groei en sosio-ekonomiese ontwikkeling deur doeltreffende, produktiewe stelsels te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Vakbondkongres van Namibië, Tucna, gepraat oor sy standpunt rakende die vergadering.