Amupolo-regsgeding word vandag bemiddel

Die siviele regsgeding wat die menseregte-prokureur Norman Tjombe namens die ontslape nege-jarige Hendrina Amupolo aanhangig gemaak het, sal voorkom vir bemiddeling. Hoërhofregter Collins Parker het die datum bepaal. Tjombe werk op ‘n pro-bono basis en dagvaar Johan Meyer, wat klagte van strafbare manslag in die dood van Hendrina in die gesig staar, vir ‘n bedrag van 10,1 miljoen Namibiese dollar vir emosionele skade en mediese koste vir berading. In sy stukke sê Tjombe dat beide Amupolo se ouers emosionele skok en erge trauma ervaar het, en dus vra hy 5 miljoen dollar namens elke ouer. Hy voer aan dat Meyer onregmatig opgetree het en ‘n aanranding uitgevoer het, wat  gelei tot Amupolo se dood. Meyer word verteenwoordig deur Krüger, Van Vuuren & Company. Die bemiddeling kom te midde van aantygings dat die Mariental-polisie probeer om in te meng met die siviele saak.